Mikyla Weideman
Dorp/Stad waar jy woon:
Daniëlskuil
Beroep:
Bejaarde Versorger/B-ed grondslagfase onderwys student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir die voorbladgesig- kompetisie, omdat ek glo elke persoon uniek geskape is en 'n storie het wat ander inspireer. Hierdie kompetisie gee my die geleentheid om selfvertoue, positiwitweit en my persoonlikheid uit te leef, terwyl ek ook ander aanmoedig om trots te wees oor wie hulle is.
As voornemende onderwyseres en rolmodel gaan ek elke dag met jong kinders kan werk en hulle bewus maak dat ware skoonheid nie net oor voorkoms gaan nie, maar ook oor vriendelikheid, respek, deursettingsvermoë en 'n goeie omgee hart. Ek wil graag wys dat 'n gewone mens, soos ek, met groot drome ook 'n verskil kan maak en ander kan motiveer om in hul self te glo.
Ek sien hierdie kompetisie meer as net 'n voorblad – dit is my kans om selfvertroue, kreatiwiteit en positiwiteit uit te straal. Ek sal dit as 'n groot eer beskou om deel te wees van iets wat mense inspireer en ophef.
Daarom is hierdie my eerste keer wat ek inskryf.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Liefde
3 woorde wat jou goed opsom:
Omgee, Vriendelik, Liefdevol
