Mika van den Heever

Dorp/Stad waar jy woon:

Paarl

Beroep:

Besigheidseienaar

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf hierdie jaar weer in vir Sarie Voorbladgesig 2026 omdat ek glo dit gaan oor soveel meer as net ’n mooi foto of ’n mooi gesig. Ja, uiterlike skoonheid trek aandag, maar mense onthou hoe jy hulle laat voel. Mense hou van mense wat eg is, wat hulself is en wat met ’n mooi hart deur die lewe gaan.

Ek is al vir ’n geruime tyd ’n besigheidseienaar, en deur daardie reis het ek ongelooflik baie van myself geleer. Ek het gegroei, uitdagings oorkom en ontdek wie ek werklik is wanneer niemand kyk nie. Ek het ook intussen getrou en my lewe het aanbeweeg in nuwe en mooi hoofstukke. Al hierdie ervarings het my geleer dat ware selfvertroue nie van buite af kom nie, maar van binne.

Ek het al twee keer voorheen ingeskryf, en hierdie jaar probeer ek weer omdat ek voel my storie kan ’n verskil maak. Ek wil vroue inspireer om dieper te grawe as net uiterlike skoonheid. Om hul waarde nie net in voorkoms te sien nie, maar in hul karakter, hul hart en hul uniekheid. Ek het selfs my eie unieke eienskappe en dit wat my anders maak, gebruik as inspirasie vir ’n produk wat tans ontwikkel word.

Dit wat binne jou gebeur, wys uiteindelik na buite. Wanneer jy vrede het met wie jy is, wanneer jy eg leef en jouself toelaat om uniek te wees, straal dit vanself uit.

Vir my gaan hierdie platform oor meer as voorkoms. Dit gaan oor egtheid, groei en die moed om jouself ten volle te wees. Ek wil ander vroue aanmoedig om hul stories met trots te dra en te onthou dat ’n mooi hart altyd verder skyn as nét ’n mooi gesig.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Vlinder

3 woorde wat jou goed opsom:

Hardwerkend, Opreg, Kreatief

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media