Michelle van Jaarsveld
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Somatoloog en Eienaar
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het besluit om in te skryf omdat ek glo die blootstelling sal nie net voordelig wees vir my eie besigheid nie, maar ook vir ander Somatoloë in die industrie. Dalk kan dit 'n bietjie inspirasie wees vir iemand anders wat droom van meer. Ek het my besigheid begin met die doel om ons beroep op die hoë standaard te hou wat ons by Isa Carstens geleer het dit moet wees — professioneel, eties en met passie. Dit is vir my belangrik om dié waardes uit te dra en te wys wat moontlik is wanneer jy in jou roeping glo.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Braaibroodjie
3 woorde wat jou goed opsom:
Geloof, Veerkragtig, Omgee