Michelle Minnie
Dorp/Stad waar jy woon:
Mosselbaai
Beroep:
Rekenmeester klerk
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat SARIE nog altyd deel van my lewe was. My ma en ouma koop al vir jare SARIE, en ek het grootgeword met die tydskrif in ons huis as iets vroulik, stylvol en inspirerend.
Vir my gaan hierdie geleentheid nie net oor mooi foto’s nie, maar oor die kans om myself met selfvertroue, grasie en egtheid voor te stel. Ek wil graag deel wees van iets wat Suid-Afrikaanse vroue vier en inspireer.
Ja, ek het al voorheen ingeskryf, maar ek voel dat ek nou meer seker is van wie ek is en wat ek wil uitstraal. Daarom skryf ek weer in met meer selfvertroue, dankbaarheid en opgewondenheid.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Vonkel
3 woorde wat jou goed opsom:
Gedissiplineerd, Doelgerig, Dankbaar
