Michelle Eksteen

Dorp/Stad waar jy woon:

Standerton

Beroep:

Fotograaf, funksiestilis & modelskool mentor

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek probeer myself weer vind en wil groei deur nuwe uitdagings aan te pak. Verlede jaar was een van die moeilikste jare van my lewe — alles is onderstebo gegooi en ek moes eenvoudig net aangaan. Ons Hemelse Vader het my opgetel en gewys dat ons "okay" gaan wees. Ek kan van soveel dinge getuig waar Hy ons deurgedra en gehelp het.
Dit is steeds nie maklik om ’n enkelmamma van twee besige klein seunjies te wees nie. Party dae wen die lewe my, maar ek kan met ’n eerlike hart sê dat ek probeer — ek vind weer myself, my geluk en my vrede.

Ná ek en ’n vriendin gesels het, het ons besluit: hierdie is óns jaar om in te skryf. Nuwe uitdagings, nuwe drome en ’n nuwe ek — reg om vir die wêreld te wys ek is "okay".

Ek het nog nie voorheen ingeskryf nie.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Vetkoek

3 woorde wat jou goed opsom:

Energiek, Ambiseus, Betroubaar

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media