Michelle Buys

Dorp/Stad waar jy woon:

Nelspruit

Beroep:

Entertainment Journalist

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE se voorblad omdat ek ’n trotse enkelmamma is van twee pragtige kinders – my seun Logan (8) en my dogtertjie El’chenique (3). Ek wil wys dat jy, al is jy ’n enkelmamma of ’n vrou wat deur moeilike dinge is, steeds in jouself kan glo, jou drome kan volg en sterk kan staan. Ek wil ’n inspirasie wees vir ma’s én vir alle vroue, om nooit moed op te gee nie, om hul waarde te ken en te besef dat hulle mooi, uniek en vol potensiaal is. Maak nie saak wat jy al deur is nie, jy wíl en jy sal weer regkom. Jy is sterker as wat jy dink.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Kragtig (jy is sterk, selfs al voel jy nie altyd so nie.)

3 woorde wat jou goed opsom:

Vasberade, Liefdevol, Liefdevol

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media