Michele Potgieter
Dorp/Stad waar jy woon:
Stellenbosch
Beroep:
Skrywer
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Michele se dogter Mari-Alena was twee keer 'n Sarie Voorbladgesig Semi-finalis en haar wens was dat hulle altwee saam moes inskryf. Ongelukkig het sy kanker gekry en haar hare begin verloor.
Mari-Alena is laasjaar oorlede na n lang siekbed.
Michele skryf die jaar in vir Mari-Alena, want sy het vir haar gese sy sal dit die volgende jaar vir haar doen.
Ek skryf vir Michele in, want die Sarie kompetisie hou soveel mooi herinneringe aan haar liefling-dogter in.
Michele sal n waardige en pragtige Sarie voorblad gesig wees.
Selfs in haar swaarste tye van verlies, dra sy hoop binne haar en straal dit uit.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Vreugde
3 woorde wat jou goed opsom:
Veerkragtig, Braaf, Liefdevol
