Meghan Maasdorp

Dorp/Stad waar jy woon:

Bloemfontein

Beroep:

Veearts Verpleegster

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek glo ek behoort die volgende SARIE-gesig te wees, want ware skoonheid lê nie net in hoe jy lyk nie, maar in hoe jy mense hanteer. En ek glo ek het n stem wat gelees moet word oor waaroor die lewe eintlik gaan. In die lewe besef mens ook dat jy op die einde net jouself het, daarom moet jy leer om jouself lief te hê sonder konstante validering van ander. Ek glo ook dat rykdom nie net oor geld gaan nie, maar oor ’n sterk en positiewe gemoedstoestand. Die lewe is soos slangetjies en leertjies — een oomblik is jy bo, die volgende oomblik onder — maar dit is hoe jy opstaan en aanhou glimlag wat jou werklik mooi maak. Vind jou krag in God en wees n God vresende vrou en dan sal jy baie ver kom in die lewe en Sy lig gaan wys vir ander en hulle motiveer om n verhouding te bou met Hom.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Liefhebber

3 woorde wat jou goed opsom:

Uniek, God vreesend, Eerlik

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media