Megan Smith

Dorp/Stad waar jy woon:

Kempton Park

Beroep:

LLB Student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het so rukkie terug 21 jaar oud geword, en voel-voel maar nog so my eie vlerke. My kop is vol drome, en ja soms muisneste, maar my hart is op die regte plek! Vir my is daar nogal iets heiligs aan hierdie seisoen, en ek wil dit eer deur geleenthede soos dié, met albei hande aan te gryp. Om te ontdek, te reis, lief te hê, en te groei, is iets wat ek graag wil najaag. Daarom gee hierdie kompetisie van julle my presies daai moed en dapperheid om nog so titseltjie verder, in my nr. 5 skoene in te groei, en 'n kans te waag. Hoe sê hulle nou weer? Wie nie waag nie, wen nie. En die bonus is, so leer ek op die uiteinde iets van myself, en die mens wat ek besig is om te word.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Kamma-kamma

3 woorde wat jou goed opsom:

Innemend, Lewenslustig, Gedetermineerd

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media