Megan Preddy
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Bemarking
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in omdat ek glo skoonheid gaan oor soveel meer as net hoe jy lyk. Dit gaan oor karakter, veerkragtigheid en hoe jy ander laat voel. Ek wil graag wys dat ’n gewone meisie met groot drome ook op ’n voorblad kan wees. Ja, ek het twee jaar gelede ook ingeskryf, maar vandag staan ek met meer selfvertroue, meer wysheid en ’n beter begrip van wie ek is. Hierdie keer skryf ek nie net in om raakgesien te word nie, maar om ander vroue te inspireer om ook hul kans te vat.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Sprankel
3 woorde wat jou goed opsom:
Lewendig, Gegrond, Vreesloos
