Megan Nieuwoudt

Dorp/Stad waar jy woon:

Krugersdorp

Beroep:

Grondslagfase-onderwyseres

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek glo ware skoonheid lê nie net in ’n mooi gesig nie, maar in die manier waarop ’n mens leef, liefhet en ander laat voel. Wat vir my besonders van SARIE is, is hoe die uniekheid van elke vrou gevier word en hoe dit beklemtoon dat skoonheid baie dieper lê as uiterlike voorkoms alleen. Vir my gaan dit nie daaroor om perfek te wees nie, maar om eg te wees en mense met hoop en vriendelikheid aan te raak.
Hierdie is vir my ’n geleentheid om te groei, nuwe uitdagings aan te pak en te wys dat ware skoonheid van binne af kom. Vir my is dit nie net ’n kompetisie nie; dit is ’n platform om mense aan te moedig, lig uit te straal en te wys dat jy altyd die drome wat die Here in jou hart plaas, moet najaag. Dit is my eerste keer wat ek vir SARIE Voorbladgesig inskryf .

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Koester

3 woorde wat jou goed opsom:

Saggeaard, Deernisvol, Godvresend

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media