Maxie Reynierse
Dorp/Stad waar jy woon:
Gauteng
Beroep:
Afgetree
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het nog nie vir die voorbladgesig ingeskryf nie en dit is die eerste keer.
Ek word 71 jaar oud die jaar en het 3 pragtige kinders en 1 kleinkind. Ek het 'n tweeling en 'n verstandelike gestremde dogter. Ek skryf in om meer bewustheid te skep rondom verstandelike gestremde kinders en wil samesprekings begin hoe vroue mekaar meer kan bystaan. Ek was meestal 'n enkelopende ma en elke dag het ek net vir die Here gebid om my gesin by te staan. Ek bid ook elke dag vir God en vra om Hom my kinders nader aan Hom te lei en dat my kinders God sal ken.
My kinders bied my geluk in die lewe en sonder God se krag weet ek nie waar ek vandag sal wees nie. Die lewe is wat jy daarvan maak en elke dag neem jy 'n wilsbesluit oor jou siening rondom die lewe en harde tye.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Lekkerste!
3 woorde wat jou goed opsom:
Sagmoedig, Vriendelik, Omgee
