Marizelle Ferreira

Dorp/Stad waar jy woon:

Paarl

Beroep:

Student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het besluit om in te skryf vir SARIE Voorbladgesig omdat ek hierdie jaar ja wil sê vir nuwe geleenthede en myself uit te daag buite my gemaksone. SARIE bied 'n unieke platform en geleentheid vir vroue om hulself uit te daag en hul innerlike en uiterlike skoonheid met selfvertroue uit te straal. Skoonheid en selfversorging is nog altyd vir my belangrik, maar ek glo dat ware skoonheid van binne kom. Ek glo dat die heel belangrikste mooi in elke individu se hart is. Deur deel te wees van SARIE, hoop ek om nie net uiterlike skoonheid, maar ook innerlike selfvertroue en selfliefde te bevorder. Ek wil ander inspireer om hulself nie net fisies, maar ook emosioneel en geestelik te versorg.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

asemrowend

3 woorde wat jou goed opsom:

opreg, liefdevol, passievol

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media