Mariska Schmidt

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Mamma & Tuisteskepper

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Jaar na jaar volg my vrou Sarie voorbladgesig en het in 2016 self ingeskryf. 10 Jaar later nomineer en skryf ek haar in, want ek weet sy is een van die mooiste vrouens in Suid-Afrika.

Sy is vir my die mooiste voorbeeld van geloof, liefde en innerlike krag. Sy het ’n hart van goud, leef haar liefde vir Jesus elke dag uit, en plaas altyd haar gesin eerste.

Deur alles wat sy al in haar lewe moes oorkom, het sy steeds sag, sterk en vol genade gebly. Haar skoonheid lê nie net in haar voorkoms nie, maar in die manier waarop sy ander mense laat voel, so geliefd, veilig en waardevol.

Sy inspireer almal om haar met haar geloof, deursettingsvermoë en opregte liefde vir mense en ek weet sy sal die rol van Voorbladgesig kan vervul met oorgawe!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Sonskyn

3 woorde wat jou goed opsom:

Dromer, Dinamies, Gee

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media