Marilize Verrynne
Dorp/Stad waar jy woon:
Durbanville
Beroep:
Tuisteskepper
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Omdat ek regtig 2 heeltemal verskillende lewens gelei het, glo ek kan my met baie vroue vereenselwig!
16 Jaar gelede is my eerste man oorlede in ‘n ongeluk op die stofpaaie van die Karoo. Ek is intussen weer getroud met ‘n wonderlike man en saam geniet ons die kleurvolle herfs van ons lewe.
Ek skryf in omdat ek hierdie jaar 70 word en aan ander vrouens wil sê en wys dat, maak nie saak wat in jou lewe gebeur nie, staan op, leef ‘n vol en betekenisvolle lewe, want jy is VROU!
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Liefde
3 woorde wat jou goed opsom:
Dinamies, Kreatief, Liefdevol