Marianka Knox

Dorp/Stad waar jy woon:

Newcastle

Beroep:

Bermarking en toerisme bestuur

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

SARIE is die glanstydskrif vir Afrikaansprekende vroue en daarom het ek dit goed gedink om in te skryf vir SARIE VOORBLADGESIG 2025 om myself sowel as lesers te help om selfversekerd en positief oor hulself en hul wêreld te voel. Ek sien dit ook as ‘n geleentheid om myself aan die publiek voor te stel om sodoende nuwe mense te ontmoet.

Jy hoef nie prentjiemooi, perfek of ‘n model te wees nie.
Jy hoef net jouself te wees – ‘n vrou wat uniek, baie spesiaal, wonderlik en onvervangbaar is. Jy is God se grootste geskenk aan die wêreld, presies net soos jy is. Daar is niemand anders soos jy nie!

Wat jy doen en waardeur jy is, bepaal nie jou waarde nie.
Jou innerlike menswees, deursettingsvermoë en krag bepaal wie jy regtig is en dis wat ‘n verskil maak in vandag se moderne samelewing. Jy is mooi, goedhartig, braaf en sterk genoeg om nie net groot drome te droom nie, maar om al jou drome as volkome vrou te verwesenlik.

Daarom wil ek alle vroue lesers van SARIE aanmoedig en inspireer om onwrikbaar in jouself te glo om vir ander te kan wys hoe kosbaar en spesiaal jy is.

Jy is goed en meer as genoeg. Glo net in jouself. Saam kan ons ‘n verskil maak!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Asemrowend

3 woorde wat jou goed opsom:

Ambisieus, Dinamies, Lojaal

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media