Margreth Bowers
Dorp/Stad waar jy woon:
George
Beroep:
Geregistreerde Verpleegkundige
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Op ouderdom van 12 jaar oud het ek my moeder veloor aan kanker. My wêreld het letterlik in eengestort. Die selfversekerde dogter wat ek was het nie meer bestaan. Dit het my lank geneem om weer daardie selfvetroue op te bou.
Ek het besluit om in my ma se voetspore te volg, om Verpleegkunde te gaan studeer. Dit het my weer n doel gegee in die lewe.
Dit was my begeerte om te spesialiseer in pediatrie, maar die Vader het my geplaas waar ek nodig is.
Ek het nooit gedink ek sal in Onkologie beland. Dit is waar my hart nou is. Dit is vir my n eer om n pad te stap met pasiente. Om te deel in hulle seer, vreugde en om n bron van hoop te wees. Hoop dat wat ook al die reis in hou hulle is nie alleen nie.
Ek wil my storie deel om ander te inspireer. Jy het n doel in die lewe dit mag soms voel jy het geen rigting. Vertrou op die Vader en hy sal jou genees en herstel. Asook jou wys jy is instaat om n verskil te maak in ander se lewe. Hy gee jou weer n doel in die lewe.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Hoop
3 woorde wat jou goed opsom:
Vriendelik, Gaaf, Omgee persoon