Margaret Frick
Dorp/Stad waar jy woon:
Darling
Beroep:
Mamma, Biokinetikus, Registerd Nurse, Hokkie afrigter
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Vir 17 jaar lank wat ons in die buiteland gewoon het was My SARIE tydskryf elke maand my reddingsboei gewees en elke maand het ek met afwagting vir Haar gewag. Baie dae was dit my Sarie wat my kop bokant die water gehou het daar ver oor die water en het ek met heimweë deur haar blaaie gelees en terug verlang na die dag wat ons huis toe kon kom.
So vir baie jare bewonder ek al die pratige vroue wat op haar voorblad pronk. Almal uniek, almal pragtig in hul eie reg en elkeen met hul eie storie. Na al die jare se bewondering en kyk van die kantlyn af, het ek besluit dat dit tyd was om deel te neem en ook 'n kans te waag. Ek het besef na 45 jaar het ons almal iets pragtig wat ons kan bring na 'n voorblad toe.
Party het miskien bietjie meer verhale, bietjie meer woestyn seisoene en bietjie meer al beleef en gesien in die lewe, maar elkeen bly 'n "limited edition" van hulself.
Wat is mooi in die lewe en wie besluit dit?
Mooi vir my is 'n vrou wat gemaklik is in haar eie lyf (ongeag haar rok grootte), wat met moed en ywer die dag se take kan aanpak om sodoende 'n verskil te kan maak vir haar gesin, haar gemeenskap en elke persoon wat oor haar pad kom. Om die mooi in ander te kan sien en ALTYD te kyk waar sy iemand se lewe kan verryk met die kleinste van gebare soos 'n opregte glimlag of groet.
Uiterlike Skoonheid is verseker kenmerklik en verkoop tydskrifte, maar gekombineer met innerlike skoonheid – dit is waar die 'Magic" inkom en in my opinie, is innerlike skoonheid eintlik – Ware Skoonheid.
SARIE se leuse op die voorblad lees: Ons inspirasie, en dit is presies wat 'n voorblad gesig moet wees, 'n inspirasie. Iemand wat almal om haar inspireer om die BESTE weergawe van haarself te kan wees.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
LEKKER – Kan soveel maniere gebruik word
3 woorde wat jou goed opsom:
Vriendelik, Lojaal, eerlik
