Mana-Zita Bosch

Dorp/Stad waar jy woon:

Cape Town

Beroep:

Grimeerkunstenaar

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

As ek aan Sarie dink, dink ek aan die stapel tydskrifte wat elke maand langs my ma se bed gelê het. Hoe die middagson daarop geval het terwyl ek rustig, maar tog opgewonde, deur elke blad geblaai het en geïnspireer gevoel het deur al die kuns en skoonheid wat my oog aanskou.

“Hoe lekker moet dit nie wees om vir hulle te werk nie?” het ek gereeld gedink. Langs die grotes Michelle, Fanie, Leana, Algria.
Sarie was een van die grootste inspirasies wat my uiteindelik gelei het na ’n industrie waarvoor ek vandag nog hartstogtelik lief is, eers as fotograaf en nou as grimeerkunstenaar.

Ek skryf in ja, vir die derde keer, omdat ek graag daardie volsirkel-oomblik wil beleef. Daardie kinderlike droom wat dalk kan waar word; dat die middagson eendag ook op iemand anders se Sarie-stapel sal val, en dat ek op my beurt vir iemand anders dieselfde inspirasie kan wees as wat Sarie nog altyd vir my was.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Katjiepiering

3 woorde wat jou goed opsom:

Dromer, Kunstig, Doener

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media