Madri Willemse
Dorp/Stad waar jy woon:
Durbanville
Beroep:
Tuisteskepper en bestuur eie Wassery
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek is Madri se ma en skryf haar in omdat sy vir my beeldskoon is en nooit self daaraan sal dink om in te skryf nie. Sy het dus nog nie vantevore ingeskryf nie.
Sy is 'n skoonheidsterapeut van beroep (het by Isa Carstens studeer) ,maar het na die geboorte van haar derde kind 'n tuisbly mamma geword wat nou hul eie Wassery bestuur en haar man met sy invoer besigheid help. Ek en al haar vriendinne vra steeds haar raad oor vel produkte en behandelings wat werk,want sy het die perfekte vleklose spierwit vel en ons streef daarna om ook so te lyk.
Op die vooraand van 40 is die meeste vrouens op hul mooiste (my persoonlike opinie) en daarom skryf ek haar in. Sy is 'n wenner in voorkoms,geaardheid,beroep en ook as mamma van drie pragtige kinders en vrou vir haar man. Sy maak heerlike kos (bak net nie koeke soos haar ma nie ) ,eet en leef gesond en oefen nou om aan eerste Hirox deel te neem.
Madri IS dus die perfekte SARIE – vrou, die vrou wat na haarself kyk,die nuutste modes en giere "embrace" en wat tevrede is in en met haarself.Die #ekisgoedgenoeg vrou van 2026.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
pletterpet (haar man ry goed fiets en dis 'n gespot met sy "helmet"),maar die woord sê so lekker
3 woorde wat jou goed opsom:
Saggeaard, Hulpvaardig, Geliefd
