Lynnelle Gouws
Dorp/Stad waar jy woon:
Paarl
Beroep:
Student by Isa Carstens
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir die Sarie Voorbladgesig omdat dit nog altyd iets was wat ek wou doen, maar nooit die moed gehad het nie. Vir lank het ek myself teruggehou, omdat ek gevoel het ek pas nie in nie, ek was oorgewig en het gedink dit definieer my waarde en hoe ander my sien.
Met tyd het ek gewig verloor, maar tot my eie verbasing het die selfvertroue nie sommer net saam gekom nie. Dit het my laat besef dat selfwaarde nie lê in ’n nommer op ’n skaal of ’n kleregrootte nie. Hoe jy lyk, hoeveel jy weeg, of watter nommer jy dra, bepaal nie wie jy is nie.
Vandag kies ek om dit anders te sien. Ek skryf in nie omdat ek perfek voel nie, maar juis omdat ek besig is om te groei, om myself te aanvaar en om my eie definisie van skoonheid te herskryf. Vir my gaan hierdie reis oor meer as uiterlike voorkoms , dit gaan oor selfaanvaarding en die moed om op te staan al voel jy nog onseker.
As ek net een persoon kan inspireer om hulself nie langer terug te hou nie, om te besef hulle is reeds genoeg, dan is dit vir my klaar ’n wen.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Trapsuutjies
3 woorde wat jou goed opsom:
Vrygewig, Betroubaar, Elegant
