Lynn Maharaj

Dorp/Stad waar jy woon:

Malmesbury/Kaapstad

Beroep:

Social Entrepreneur

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek glo in die krag van vroue se stories en ek wil ’n platform gebruik om ander vroue te inspireer om hul selfvertroue, selfwaarde en identiteit in God te herontdek. Ek voel ek dra ’n boodskap van hoop, genesing en groei, en ek wil dit met soveel mense as moontlik deel.

Van kleins af was ek gefassineer met magazines, en SARIE was een van dié wat ek onthou ek gelees het deur ’n tydskrif wat my ma se vriendin huis toe gebring het van haar werk af. (Sy werk as huishulp) ons kon dit nie self bekostig nie. Dit was een van die beste memories nog! Ek was n introvert en om net weg te hardloop en deur die glansende blaaie te blaai, en droom en bewonder, was en is nog steeds alles! Vandag voel hierdie inskrywing soos ’n droom wat waar word.

Ek het nog nie voorheen ingeskryf nie, maar dit is vir my ’n stap van geloof en groei.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Fantasmagoories

3 woorde wat jou goed opsom:

Passievol, Kreatief, Real

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media