Lu-Juan Mzyk

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Sakevrou & Akademie- eienaar

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig omdat ek ’n storie het wat verder strek as die glans en die kroon. Sedert ek ’n jong meisie was, het ek aan pageants deelgeneem en my land internasionaal verteenwoordig. Tog leef mense met die wanpersepsie dat hierdie wêreld net mooi klere en glimlagte is. Ek wil die realiteit met Suid-Afrika deel – die harde werk, die fisieke en emosionele uitputting, en die opofferings wat agter elke oomblik op die verhoog skuil. My reis is ’n bewys dat ware krag lê in volharding, selfdissipline en om jou waarheid te leef – en dít is wat ek graag wil uitdra op SARIE se voorblad.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Stil-Storm

3 woorde wat jou goed opsom:

Gedrewe, Empaties, Vasberade

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media