Lourine

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

CEO

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek werk al my hele lewe lank in die mode- en skoonheidsbedryf, en om met vroue van alle ouderdomme te werk, was nog altyd ’n groot passie van my. Ons maatskappy bied groot vroue-events aan waar ons fokus op selfvertroue, innerlike groei, en hoe om jouself beide innerlik én uiterlik te versorg.

Sarie Voorbladgesig is vir my ’n ongelooflike platform wat wys hoe belangrik dit is om geleenthede aan te gryp en jouself uit te daag. Dit sal beslis ’n mylpaal wees, asook ’n groot eer en voorreg, om op Sarie se voorblad te verskyn.

Mens moet jouself soms buite jou gemaksone druk — dis waar groei, nuwe geleenthede en groot dinge gebeur.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Identiteit

3 woorde wat jou goed opsom:

Veerkragtig, Visionêr, Vurig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media