Louise de Klerk
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Interieur Ontwerper
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Op amper 58 het ek nog nooit deelgeneem aan Sarie Voorbladkompetisie of enige ander soortgelyke kompetisie nie. So, hoekom dan nou deelneem? Die vraag is eintlik, hoekom nie deelneem nie? Want die lewe is te kort om nuwe ervarings ligtelik te laat verbygaan.
Ek het my eie pad deur dik en dun gestap tot hier en ervarings beleef wat my lewe vol en ryk gemaak het. Ek het my lewe geleef en ek het my eie storie om te vertel. Ek droom steeds drome, het steeds ideale en ondersoek steeds graag nuwe dinge. Die lewe is immers eers verby wanneer jy jou laaste asem uitblaas.
Om aan Sarie Voorbladkompetisie deel te neem is nog ‘n nuwe ervaring. Iets om met my dogters te deel en aan my kleinkinders te vertel en wys wanneer hulle oud genoeg is. Kinders volg voorbeeld meer as wat vir hulle gese word om te doen. Ek wil graag aan my kinders en hulle kinders wys dat mens nie moet bang wees om die dinge waarin jy belangstel en wat jy graag wil doen, te waag nie. Of selfs sommer iets nuuts wat eintlik buite karakter vir jou is. Jy sal nooit weet voor jy nie probeer nie. En wat ookal die resultaat van jou poging, jy kan altyd iets positiefs daaruit kry: genot, kennis, ervaring. Ervarings bou karakter. Jy het per slot van rekening ‘n plig en verantwoordelik eerstens teenoor jouself, om lewenslank te groei en ontwikkel. Dit verryk heel moontlik ook die lewens van die mense vir wie jy omgee.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Sielsverkwikkend
3 woorde wat jou goed opsom:
Veerkragtig, Vriendelik, Lewenslustig
