Lorinda Ferreira

Dorp/Stad waar jy woon:

Paarl

Beroep:

Tuisbly mamma

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het nog nie vantevore ingeskryf nie, of eintlik dit al eers ooit of werklik oorweeg nie.

Ekt drie klein seuntjie lyfies by die huis. My oudste is 5 en my tweeling word nou 4. Die dae is gevul met soveel gewone take en mooimaak tyd is dikwels min. My man bederf my toe met 'n aand uit op my eie. Ek stap so deur die strate van Stellenbosh, toe ek by BP se Pick&Pay express instap en die Sarie van die rak af optel. Die inskryfwingsbladsy val oop en my hart klop vinnig met die gedagte 'probeer net, doen dit!'.

Ek wil so graag in volle vryheid stap en met eie outentieke self wees, sonder twyfel, onsekerheid of berou oor wat dalk kon gebeur het as ek net meer kanse sou waag. Ek wil graag nuwe dinge probeer en myself uitdaag om te groei buite my gemaksone sodat ander wat twyfel of hul kan ook kan sal se "wat as ek probeer?".

Dit sal 'n voorreg wees om so 'n kans gegun te kan word om buite my gemaksone te kan floreer. Op die manier kan ek ook my klein seuntjie lyfies leer om ook kanse te vat en die lewe aan te gryp. Die lewe is kort en tyd is min en daarom is daar soveel rede om met oorgawe elke kans te vat.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

grondboondjiebotter

3 woorde wat jou goed opsom:

`Kreatief, Energiek, Braaf

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media