Lizel Van Der Westhuizen
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Voorkoms Konsultant
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het laasjaar 40 geword en besef, die TYD is NOU om te leef. More is nie gewaarborg vir ons nie. Ek wil my passie en drome uitleef terwyl ek kan. Ek is 'n mamma van twee dogtertjies en hulle sien my as hulle rolmodel, wat 'n beter voorbeeld as die om vir hulle te wys, mens moet nooit ophou droom nie.
Deur die lewe beleef ons almal erens trauma/hartseer en verloor ons kroon langs die pad. My passie as Voorkoms konsultant is om vroue te kroon, en met 'n platform soos die, kan ek my storie van hartseer deel en hoe ek weer kon opstaan en myself kon kroon.
Jy kan op enige ouderdom jouself weer kroon, so hierdie is deel van my opstaan reis, en hopelik met 'n geleentheid soos die kan ek ander vroue ook kroon.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Koeksister
3 woorde wat jou goed opsom:
Lojaal, Passievol, Energiek