Lizarie Dercksen
Dorp/Stad waar jy woon:
Christiana
Beroep:
Bestuurder by Klere fabriek
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir Sarie Voorbladgesig 2026 omdat ek glo die lewe is gemaak om kanse te vat en om jouself daar buite te sit. Nuwe geleenthede kom nie vanself nie.
Ek het nog altyd ’n opregte passie vir mode en skoonheid gehad, en ek sien dit as ’n manier om kreatiwiteit en selfuitdrukking uit te leef. Ek sal dit graag op elke moontlike platform wil gebruik, nie net om myself te ontwikkel nie, maar ook om ander te inspireer om hul eie unieke styl en selfvertroue te omhels.
Vir my gaan dit nie net oor die eindresultaat nie, maar oor die groei, die leer en die geleenthede wat langs die pad ontstaan.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Glimlag
3 woorde wat jou goed opsom:
Lojaal, Sprankelend, Stylvol
