Liza-Mari Rabe
Dorp/Stad waar jy woon:
Brits
Beroep:
Finale jaar B.Ed Wiskunde en Natuurwetenskappe student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Hierdie is 'n ingewing van die oomblik inskrywing… ek het amper vandag toe my ma foto nommer 13 in my kamer neem kop uitgetrek. Ek het egter rustig geraak, die foto's deurgekyk en onmiddellik vir myself kwaad geraak, want waarom is ek, wat so perfek na God se beeld geskape is so krities op myself. My ma, 49 jaar oud, gedurende Januarie 2025 met borskanker gediagnoseer, neem elke foto met geduld en vir haar kon ek Mejuffrou Suid-Afrika gewees het. Ek skryf vandag in, nie net om ander te herinner nie, maar bowenal myself dat my eie imperfeksies, laglyne en bos hare wat nie vandag saam wou speel nie ander se grootste begeerte is. Op 22 kyk en na myself en voel onseker oor my toekoms en die pad wat God vir my uit gelê het, maar die inskrywing is my manier om elke bietjie onsekerheid te "embrace". Ons lewe is so gejaagd en ons staan so min stil om te besef wie en wat ons is, maar vandag se foto's en inskrywing het my stil laat staan om te besef wie ek is…'n 22 jarige student wat my ma ondersteun, na my ouma omsien, alles wat ek doen met entoesiasme aanpak, Sondagskool gee, Maart maand my eerste half maraton gehardloop het en iemand wat God se lig aan die wêreld wil oordra. Ek skryf in vir Sarie Voorbladgesig om myself, my ma, my vriendin, vir jou, jou vriendin en elke vrou wat meer as een rol inneem te herinner dat ek, jy en ons meer as genoeg is, dat jy jou deurmekaar hare en perfekte ooghare kan "embrace", kan asemhaal en weet God het jou lief.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Genade
3 woorde wat jou goed opsom:
Energiek, Ambisieus, Gefokus