Lise-Marie van Zyl
Dorp/Stad waar jy woon:
Melkbosstrand
Beroep:
Tuisteskepper & ondersteuner vir my man
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het hierdie jaar 40 geword en het besluit ek gaan hierdie jaar anders doen! As mamma van 3 klein kindertjies het ek die afgelope paar jaar so bietjie vergeet van myself, maar nie meer nie 🙂
Dis asof ek nou meer vas staan op my voete en weet die waarde wat ek dra en dit is nie bepalend op ander se opinies nie. Vir 'n lang tyd het dit my bang gemaak om te dink ek gaan 40 word en so bietjie van my jeug verloor, maar ek het besluit om dit eerder te vier en die beste te maak van om meer volwasse te word – soos goeie rooiwyn wat net meer en meer karakter ontwikkel met elke jaar.
So ek stap bietjie uit en doen iets groot, doen iets vir my en skryf in vir Sarie Voorbladgesig 2025!
Wie weet wat kan gebeur?
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Heerlikheid
3 woorde wat jou goed opsom:
Omgee, Sterk, Vasberade