Linette van der Merwe
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Beroep:
Dosent
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het nog nie voorheen ingeskryf nie. Ek skryf vanjaar in omdat ek en my PhD-student, Megan Harvey, saam besluit het om deel te neem.
Ek leef met dankbaarheid en glo in die krag van deernis – dít is die maatstaf waaraan ek elke dag meet. As akademikus by Tukkies, operasangeres, skrywer en voorsitter van die Wakkerstroom Musiekfees en Sempre Operageselsskap, het ek geleer dat ware skoonheid nooit in een hoedanigheid lê nie, maar in die moed en vertroue om onvoorwaardelik jouself te wees. SARIE het generasies se vroue geleer dat hulle alles kan wees: intellektueel én elegant, kreatief én geanker, sag én sterk en veral veerkragtig. Ek skryf in vir Sarie Voorbladgesig 2026 omdat ek glo dat die Sarie-vrou van vandag haar veelsydigheid en veerkragtigheid behoort te vier.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Allerliefste
3 woorde wat jou goed opsom:
Lojaal, Veelsydig, Deursettingsvermoë
