Liezel Maritz
Dorp/Stad waar jy woon:
Milnerton
Beroep:
Mamma en rekenmeester
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf weer in, want ek glo dat mens jou drome moet navolg, selfs al moet jy 'n paar keer probeer. Ek was die eerste keer 'n top-35 finalis, en dit was 'n groot eer en avontuur. Na die vorige inskrywings, het ek 'n paar geleenthede gekry om model te speel en dit was en is steeds baie opwindend. Dit het ook my passie om voor mense te praat aangewakker. Die Sarie kompetisie is 'n wonderlike geleentheid vir elke vrou om te glo dit is moontlik om die Sarie sprokie te beleef.
Ek wil inskryf om my storie van hoop te deel met vroue wat lank gewag het vir lewensdrome om vervul te word. My droom is om vroue te inspireer wat seer het en hoop verloor het. In beide seisoene van wag en verlies het ek kosbare lesse geleer. Die Here was getrou om my hartsbegeertes te vervul. Ek wil ook graag vir my dogtertjie wys dat enige iets moontlik is, as jy glo en jouself 'n kans gee.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Sprankel
3 woorde wat jou goed opsom:
Opreg, Snaaks, Nederig
