Lieze Lourens
Dorp/Stad waar jy woon:
Boksburg
Beroep:
Berader
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
SARIE was nog altyd 'n glanstydskrif wat mense van buite af intrek en as jy die tydskrif oopmaak verdwyn jy in 'n sprokieswêreld. So is my gesig die voorportaal van my menswees om 'n voorsmakie te gee van wie ek is en wat ek het om die wêreld mee te verander en inspireer. Ek glo as mense my sien voel hulle warm en tuis, net soos hulle voel as hulle 'n SARIE tydskrif optel.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Kapokaartappel
3 woorde wat jou goed opsom:
Liefdevol, Kreatief, Kinderlik