Liechen Fouché
Dorp/Stad waar jy woon:
Mosselbaai
Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:
Ek het nog nooit in geskryf nie. Hierdie is my eerste jaar wat ek so iets opwindend en buite my gemaksone doen. Ek skryf in vir die SARIE Nuwe Gesig 2026 omdat dié Tydskrif deel van my was vanaf wat ek kon onthou, omdat my ma nog elke tydskrif opgaar, en ek myself kon verkyk na die skoonheid en styl in die SARIE. Van mode tot kosmaak, maar wat my elke jaar tot afwagting bring was om te sien wie die jaar se Voorbladster sou wees. Ek hoop ek kry dié jaar die geleentheid en voorreg om deel te raak van die SARIE familie!
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Poenankies (oulik)
3 woorde wat jou goed opsom:
Uniek, Warmhartig, Doelgerig
