Les-Lee Lesch

Dorp/Stad waar jy woon:

Worcester

Beroep:

Fotograaf

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Hi ek is Les-Lee Lesch , en nee ek het nog nie voorheen in geskryf nie , dit is wel my heel eerste keer .

Ek is ‘n professionele fotograaf van Worcester Boland gebied .

Ek skryf in vir die Sarie Voorbladgesig omdat ek voel dis tyd om myself op ’n groter platform te wys en nie net as iemand agter die kamera nie, maar ook voor dit. Ek is passievol oor kreatiwiteit, styl en mense, en ek glo dat elke persoon ’n storie het wat die moeite werd is om vertel te kan word.

As fotograaf werk ek elke dag met mense , om ander mense mooi en selfversekerd te laat voel, en nou wil ek dieselfde energie ook vir myself vat. Ek wil wys dat jy nie perfek hoef te wees om raakgesien te word nie , jy moet net jouself wees, real en vol selfvertroue.

Hierdie is vir my meer as net ’n kompetisie. Dis ’n geleentheid om te groei, nuwe deure oop te maak en myself op ’n ander manier te ontdek. Ek bring my eie styl, my eie energie en my eie storie en ek is reg om dit te deel .

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Kamera

3 woorde wat jou goed opsom:

Gedrewe, Kreatief, Opreg

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media