Leruschke Bredenkamp

Dorp/Stad waar jy woon:

Bela-bela

Beroep:

Student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir Sarie Voorbladgesig, want ek het vir baie jare nie n goeie selfbeeld gehad nie en toe eendag het ek besluit ek wil nie meer so voel nie. Met baie selfdissipline, self motivering en deursettingsvermoë het ek oor die 25kg verloor en ek voel uiteindelik soos die beste weergawe van myself. Ek het besef dat as jy goed oor jouself wil voel dan is dit belangrik vir jou as vrou om bietjie ekstra moeite te doen met jou voorkoms en jouself goed te versorg, asook n gesonde leefstyl te handhaaf. So ek voel dat dit my n geleentheid sal gee om dalk n verskil in ander vrouens se lewe te maak, want jy weet nooit vir wie jy n inspirasie kan wees en wie jou opkyk nie. Elke vrou verdien om goed oor haarself te voel en as ek dit kon regkry is enige iemand daartoe instaat!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Mampara

3 woorde wat jou goed opsom:

Blymoedig, Passievol, Gedrewe

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media