Lerene de Kock

Dorp/Stad waar jy woon:

Johannesburg

Beroep:

Bedryfsielkundige

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Hi Sariespan,

Ek wil graag oorweeg word as die gesig van jul Lentevoorblad. Lente het nog altyd vir my gevoel soos 'n persoonlike nuwe geleenteid, 'n seisoen van nuwe geleenthede, nuwe kleur en om in jou eie selfvertrou in te stap na 'n lang winter van rus en hibernasie. Dit is presies hoe ek die lewe benader: om aantehou groei, egtheid en die vreude daarvan om as jou ware self te verkyn, en dit te omhels.

Ek skryf nie net in vir die glans nie. Ek wil hierdeur die alledaagse vrou verteenwoordig wat ambisie met speel en lag balanseer, wat nie bang is om iets nuuts te probeer nie, en wat glo skoonheid nie net gaan oor perfekse nie, dit gaan oor teenwoordigheid. As ek suksevols is, sal ek die platform gebruik om ander vroue aan te moedig om hul eie storie te ein en sonder verskoning te blom, presies waar hulle is.

Hierdie is my eerste inskrywing en sou ek suksesvol wees, bring ek my beste sprankel vir die mooiste lentebloei op die Sarievoorblad!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Gogga

3 woorde wat jou goed opsom:

Ambisieus, Kreatief, Dankbaar

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media