LeReece Coetzee
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria
Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:
Ek skryf in vir die SARIE Voorbladgesig-kompetisie omdat ek glo dat groei gebeur wanneer ’n mens bereid is om buite jou gemaksone te tree. Hierdie is vir my ’n groot sprong uit my gemaksone uit, ’n geleentheid om myself uit te daag, nuwe dinge te leer en persoonlik te groei. Ek het ook ’n groot begeerte om my geloof met ander te deel en positief in mense se lewens in te spreek. Ek glo dat platforms soos hierdie nie net oor voorkoms gaan nie, maar ook oor die invloed en inspirasie wat jy na ander kan bring. Verder sien ek dit as ’n wonderlike geleentheid om nuwe mense te ontmoet, by ander te leer en ook my passie vir onderwys en inspirasie te deel deur te vertel van my YouTube-kanaal, “Juffies”.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
My gunsteling-woord is pampoenkoekies.
3 woorde wat jou goed opsom:
Kreatief, Liefdevol, Vriendelik
