Leonie Lazenby

Dorp/Stad waar jy woon:

Brackenfell, Kaapstad

Beroep:

Direkteur van Kliente Diens, Perth, Australia

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek wil graag vir Sarie se voorbladgesig inskryf omdat ek glo in die krag van ’n vrou se storie, en hoe dit iemand anders se lewe kan verander sonder dat jy dit eers besef.

Ek is ’n ma van drie kinders, en my kinders is my grootste dryfveer in die lewe. Hulle inspireer my elke dag om beter te wees, harder te werk en nooit op te gee nie. Ek wil vir hulle wys dat dit moontlik is om jou drome na te jaag en ’n lewe te bou waar jy trots kan wees op wie jy is en wat jy bereik het.

Ek het ook die ongelooflike voorreg om ’n man te hê wat my onvoorwaardelik ondersteun in my loopbaan en in alles wat ek aanpak. Sy ondersteuning gee my nie net krag nie, maar ook die vryheid om groot te droom en daardie drome werklik na te jaag.

Ek wil graag deel wees van hiervan omdat ek glo elke vrou dra ’n storie van hoop, groei en deursettingsvermoë. As my storie selfs net een persoon kan inspireer om aan te hou, dan is dit vir my reeds genoeg rede om dit te deel.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Hoop

3 woorde wat jou goed opsom:

Motiverend, Doelgerig, Mamma

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media