Leandri Gold
Dorp/Stad waar jy woon:
Somerset Wes
Beroep:
Voltyds Ma – en al die hoedjies wat daarby saam gaan
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het groot geword met Sarie in ons huis. Elke maand was daar groot opwinding oor die nuwe Sarie wat my Ma aangekoop het en wie dit eerste gaan oop maak en deur blaai.
Vir die laaste paar jaar het die Voorbladgesig advertensie altyd op Sosiale Media verskyn en elke jaar was dit – eendag, dalk!
Ek voel hierdie jaar is “eendag”.
As ‘n Ma van drie wie se lewe 24/7 om ander draai, is ek net lus om ‘n bietjie selfsugtig te wees en iets te doen vir MYSELF. My jaar van groei en braaf wees! “Let’s see how this goes!”
Plus, my man en kinders het my gedwing!
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Frikkadel
3 woorde wat jou goed opsom:
Warm persoonlikheid, Deursettingsvermoë, Verantwoordelikheidsin