Leandre Janse van Rensburg
Dorp/Stad waar jy woon:
Centurion
Beroep:
Onderwyseres
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in omdat ek besef het, ek is genoeg – presies nes ek is. Elke ervaring het my gevorm tot die vrou wat ek vandag is. Ek is nie net ‘n mamma, ‘n dogter, ‘n vriendin of ‘n juffrou nie – ek is al hierdie dinge in een pakkie, en ek glo dis tyd dat ek my uniekheid vier.
Vir jare sê ek “Eendag…” Nou sê ek “Vandag”. Ek wil wys dat ware skoonheid nie gemeet word aan die uiterlike nie, maar in die manier waarop ‘n vrou haarself dra, opstaan, liefhet, leer en leef – ongefilter en eg. Ek hoop om ander vroue te inspireer om nie net hul plek in die son te vind nie, maar ook ‘n plek in die son vir ander gun.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Lekker
3 woorde wat jou goed opsom:
Vrolik, Passievol, Tevrede