Leanda Snyman
Dorp/Stad waar jy woon:
Kenhardt
Beroep:
Compliance Manager
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het nog nie voorheen ingeskryf nie. My vriendinne en familie karring al vir 5 jaar aan my om in te skryf 🙂 Die jaar het ek besluit gaan ek dit doen, vir myself! Ek skryf in omrede ek voel dat na baie terugslae, hartseer en trauma in my lewe, ek nou vir die eerste keer , na ek baie aan myself moes werk en baie diep gaan delf het om te herstel van al die seer, vir die eerste keer in 20 jaar voel ek gemaklik met myself en voel ek ongelooflik trots op myself. Ek voel dat ek die platvorm kan gebruik om vir ander dames in dieselfde situasie of wat loop met dieselfde seer, n voorbeeld te wees dat daar is HOOP na terugslae, daar is GROEI na verwoesting, daar is LIEFDE na teleurstelling, en daar is GENADE van bo wat ons dra maak nie saak ons omstandighede nie. Ek voel ook reg vir n nuwe uitdaging in my lewe, een wat my op elke vlak sal uitdaag!
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Asemrowend
3 woorde wat jou goed opsom:
Liefdevol, Vrygewig, Spontaan
