Lara Pienaar
Dorp/Stad waar jy woon:
Brackenfell, Wes- Kaap
Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:
Ek skryf in vir Sarie se Nuwe Gesig omdat ek glo dat ware skoonheid begin by selfvertroue en karakter. Op 17 is ek op ’n plek in my lewe waar ek leer om myself lief te hê vir wie ek is met al my uniekheid en drome. Ek wil deel wees van ’n platform wat vroue van alle ouderdomme en agtergronde vier. Ek wil wys dat ’n jong vrou met ’n passie vir mense, styl en selfontwikkeling ook ’n inspirasie kan wees. Sarie is vir my nie net ’n tydskrif nie, maar ’n simbool van vroulikheid en krag en dit sal vir my ‘n eer wees om die waardes uit te dra as een van haar gesigte.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Lekker
3 woorde wat jou goed opsom:
Goedhartig, Betroubaaar, Empaties