Lara Etzebeth

Dorp/Stad waar jy woon:

Kaapstad

Beroep:

Assistent Onderwyser (Student)

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir die kompetisie, omdat ek glo dat elke vrou ’n storie het wat gesien en gehoor moet word – en ek wil graag myne deel. Ek het `n groot passie vir kinders. In my alledaagse werk probeer ek altyd liefde, geduld en hoop uitstraal – eienskappe wat ek glo die wêreld meer nodig het.
Ek het lang hare gehad en het dit onlangs geskenk vir kanker. Dit was vir my ’n manier om ’n verskil te maak, al is dit klein – om iemand anders mooi te laat voel.
Ek wil wys dat jy nie buitengewoon hoef te wees om ’n verskil te maak nie, jy moet net jouself wees. Ware skoonheid lê in die klein dinge soos omgee en luister. Dis daardie soort skoonheid wat ek graag wil deel – een wat ander aanraak en inspireer om ook hul lig te laat skyn.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Samesyn

3 woorde wat jou goed opsom:

Geduldig, Spontaan, Liefdevol

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media