Lanelle Hurter
Dorp/Stad waar jy woon:
Bloemfontein
Beroep:
Kandidaat Prokureur
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het nog nooit vantevore ingeskryf nie. Ek het gevoel dis iets waarvoor ek reg wil wees en dat ek sal weet wanneer die tyd reg is. Ek wil graag op ’n plek in my lewe wees waar ek my hart, lewenservaring en passie vir die lewe met my medemens kan deel as die heel beste weergawe van myself. Ek glo dat mens eers werklik iets besonders kan uitdra wanneer jy jouself ken, in jou eie groei kan staan en met opregtheid ander kan inspireer.
Ek glo dat die mooi van ’n mens nie net in die uiterlike lê nie, dit is ’n kombinasie van karakter en eienskappe. Dit is die lig wat elkeen van binne skyn op hulle eie unieke manier.
Mooi is die beste weergawe van jouself, die een wat elke dag opdaag en aanhou om die droom wat Jesus in haar hart geplant het, uit te leef.
Om mooi te wees is om te groei, om integriteit te hê, om bewus te wees van die mooi om jou en die mooi in ander.
Die lewe het my geleer dat elke persoon groei in hulle eie tyd en op hulle eie pas.
As ’n 23-jarige meisie en jong werkende het ek besef die kuns van die lewe lê daarin om die goeie in alles raak te sien en daarmee saam elke dag daarna te streef om ’n beter weergawe van jouself te wees as wat jy gister was.
Miley Cyrus se liedjie Younger You is die afgelope ruk een van my grootste inspirasies.
Ek glo dat jy moet terugkyk na die 10-jarige jy en reflekteer op alles wat jy reeds bereik het, nie net die goeie nie, maar ook die teleurstellings, nie net die blessings nie, maar ook die blessings in disguise en trots daarop moet wees.
Ek skryf in omdat ek glo dat die mooi van die lewe in die goeie, die slegte en alles tussenin lê.
Die mooi lê daarin om ‘younger you’ trots te maak wat nog altyd groot drome gehad het.
Ek skryf in om ’n voorbeeld te wees vir alle dames, jonk en oud, en om ’n inspirasie te wees dat dit wat onmoontlik klink, moontlik is.
Dat elke persoon op hulle eie unieke manier blom, en dat ware skoonheid in die hart begin, die manier hoe jy ander behandel, en die moed om aan te hou droom selfs wanneer die wêreld jou anders wil oortuig.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Sprankel
3 woorde wat jou goed opsom:
Passievol, Gedrewe, Barmhartig
