Kaytlynn Lambrechts

Dorp/Stad waar jy woon:

Postmasburg

Hoekom skryf jy in vir SARIE Nuwe Gesig?:

Ek het grootgeword op 'n plaas net buite Postmasburg, waar ek aan die SARIE tydskrif blootgestel was van 'n jong ouderdom af. My ouma is 'n groot aanhanger, en dis sy wat my inspirasie is om in te skryf vir die SARIE Nuwe Gesig. Elke Saterdagoggend het ons op die plaashuis se stoep gaan sit, die radio aangesit en na OFM se Top 20 geluister en na die nuutste uitgawe van SARIE saam gesit en kyk. Van kleins af het ouma altyd vir my gese :"Eendag sal jy ook so op die modeblaaie pryk, my skat. En onthou, hierdie tannies moet mooi wees van binne en buite om so in die tydskrif gesit te word. Net mense met mooi harte word mee gespog." Sy het dan altyd vir my die blaaie uitgeskeur, 'n skêr gegee, dan het ek die mooi dames uitgeknip en my eie "spoeg-en-plak" tydskrif gemaak. Sò het ek 'n liefde vir die tydskrif ontwikkel, as gevolg van my ouma. Sy is 'n vrou met elegansie, toewyding, raad, en integriteit. en ek voel dat sy al daardie waardes oorgedra het aan my. Om op die voorblaaie van 'n modetydskrif te pryk is nie net 'n mooi gesiggie nie, maar ook 'n mooi hart. Een wat 'n verskil in ander mense se lewens kan maak. Dit is my doel, om vir ander 'n inspirasie en baken van positiwiteit te wees, en 'n teken dat mens nie moet tou opgooi wanneer dinge moeilik raak nie. Daar is ALTYD iemand wat jou ondersteun in alles wat jy doen, al weet jy dit nie. Jy het God se hand oor jou, en saam met Hom kan jy ENIGEIETS oorkom. Wees sterk, hou moed, en bly altyd positief.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

babbelbek

3 woorde wat jou goed opsom:

Babbelbekkie, Avontuurlustig, Eerlik

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media