Kaylie Fourie

Dorp/Stad waar jy woon:

Brakpan

Beroep:

Exports

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Elke jaar gedurende SARIE Voorbladgesig, is dit vir my besonders om die skoonheid van ons land se vroue te bewonder. Dit gaan nie oor die mooi grimering en foto’s nie, maar oor die glans wat van binne kom — die storie wat elke vrou tot in haar huidige seisoen gebring het. In ’n tyd waar ons soms die prag van eenvoud vergeet, is hierdie platform ’n spasie waar ’n vrou haar innerlike selfvertroue kan aanwakker.

Ek glo dit is in jou natuurlike en gelukkige “ek” waar jy jou grootste sprankel vind.

Ek skryf in vir SARIE Voorbladgesig 2026 omdat ek oor die laaste paar maande my sprankel weer gevind het. Minimalisme het my geleer om stadiger te leef en die skoonheid raak te sien in dit wat voorheen te stil was om op te merk. Alles het verander die oomblik toe ek besef “jy was nog altyd genoeg” my wortels moes net skuif na ’n plek waar ek myself weer kon vind, asemhaal en blom.

Ek het in 2024 ingeskryf, maar hierdie jaar stap ek met ’n ander hart in — een wat gereed is om in hierdie nuwe seisoen elke droom na te jaag.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Sion

3 woorde wat jou goed opsom:

Spontaan, Rustig, Betroubaar

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media