Kaylan Zeelie
Dorp/Stad waar jy woon:
Jefffeys Bay
Beroep:
Candidate Attorney
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in vir SARIE se Voorbladgesig
2026 nie omdat ek glo ek pas in 'n boks nie,
maar juis omdat ek dit nie doen nie.
Ek is nie net een ding nie. Ek is sag én sterk. Ek is selfversekerd, maar steeds besig om te leer. Ek is iemand wat al getwyfel het, maar gekies het om aan te hou. My storie is nie perfek nie, en dit is presies hoekom dit eg is.
In 'n wêreld waar almal probeer inpas, kies ek om uit te staan deur net myself te wees.
Nie 'n gefiltreerde weergawe nie, nie wat ek dink mense will sien nie, maar die rou, eerlike, groeiende weergawe van wie ek is.
Ek glo dis waar ware skoonheid lê: in waarheid.Ek staan vir vroue wat hulself stadig maar seker terugvat, wat hul stem weer vind, hul plek inneem en nie meer verskoning maak vir hul lig nie. Ek wil wys dat jy nie klaar "gevorm" hoef te wees om waardig te wees nie. Jy mag nog besig wees om jouself te ontdek, en steeds genoeg wees.
Ek skryf in omdat ek nie net gesien wil word nie, maar ek wil herken word. Nie as perfek nie, maar as eg.En dalk, net dalk, gee dit vir iemand anders die moed om dieselfde te
doen.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Sagmoedig
3 woorde wat jou goed opsom:
Sprankelend, Veerkragtig, Ambitious
