Kayla Sander

Dorp/Stad waar jy woon:

Randburg, Johannesburg

Beroep:

Student- eerstejaar in Aptekerswese

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Al is hierdie die eerste jaar wat ek inskryf vir Sarie se Voorbladgesig van die Jaar, kom my liefde vir mode al ‘n lang pad. Vandat ek ‘n klein dogtertjie was, is ek mal oor alles mode. ‘n Mens kon my gereeld vind voor die TV waar ek “Barbie: A Fashion Fairytale” gekyk het, besig om in my ma se kaste te grou om haar hakke aan te trek en selfs besig om in tydskrifte, prentjies van modelle op die ‘runway’ uit te knip en in my spesiale model lêer te bêre. Ek het model ervaring by a model akademie opgedoen, waar ek my selfbeeld opgebou het, meer gemaklik geraak het voor die kamera en lief geword het vir my glimlag. Ek wil baie graag modelwerk doen en daarom spring ek vir elke geleentheid wat moontlik oor my pad kom. Wanneer ek toe van hierdie kompetisie hoor, het ek dadelik besluit ek gaan inskryf. Om op die voorblad van ‘n Sarie tydskrif te beland, sal ‘n gedenkwaardige prestasie wees wat ek virewig in my hart sal hou, nie te vergete dat dit ook moontlik deure na die model-lewe waarna ek so verlang, kan oopmaak. Al is hierdie ‘n groot kans om te neem, sit ek al my vertroue in die Here dat alles sal uitwerk soos wat dit moet.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Poenankies- alles oulik en lieflik.

3 woorde wat jou goed opsom:

sagmoedig, eiesoortig, volharding

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media