Kayla Kruger

Dorp/Stad waar jy woon:

Kaapstad

Beroep:

Tandarts

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

In ’n moderne wêreld waar vrouwees soveel van ons vra, hou ek van die idee dat ’n vrou professioneel, saggeaard, gedrewe en stylvol kan wees sonder om voor te gee dat sy alles altyd perfek hanteer. Ons probeer loopbane bou, gesond leef, tyd maak vir familie en vriende, na ander omsien en terselfdertyd ook na onsself kyk – en niemand kry dit elke dag perfek reg nie.

Dis juis hoekom ek inskryf: ek dink vroue moet ook gevier word vir die manier waarop hulle aanhou opdaag, aanhou probeer en steeds met warmte en deernis deur die lewe gaan, selfs tussen die chaos van alledaagse verantwoordelikhede.

As tandarts sien ek elke dag dat die mooiste mense selde die is wat perfek voorkom, maar erder die wat ander gemaklik, raakgesien en waardevol laat voel. Daarom glo ek dat ware skoonheid en styl daarin lê om eg en menslik te bly. Dít is die tipe vrou wat ek graag wil verteenwoordig.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Atmosvuur – ‘n vuurtjie wat aangeteek word slegs vir ‘n lekker atmosfeer, geselligheid en saamkuier.

3 woorde wat jou goed opsom:

Eg, Ambisieus, Bedagsaam

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media